Europa ontwikkel nuwe plan vir energie

Die Europese Kommissie gaan finansiële instellings vra om te werk saam met die Europese Sentrale Bank om ʼn vermindering in besoedeling te bewerkstellig.

Een van die oplossings is blykbaar om van gas gebruik te maak om steenkool te vervang.

Die Europese Kommissie voorsien dat ʼn nuwe groen finansiële plan voorgelê gaan word om in 2030 die gestelde mikpunte te bereik om 55% van die besoedeling regoor die EU lidlande se gebied te verminder.

Om die mikpunt te bereik, benodig die Europese Unie sowat €350 miljard ($414 miljard) per jaar vir die bevordering van natuurlike gas en uitskakeling van steenkool opwekking.

Die visepresident van die Europese Kommissie, Valdis Dombrovskis sê dat natuurlike gas en kernkrag die hoof bron van energie verskaffing sal wees om die besoedeling met koolsuurgas aanvanklik te verminder met die oogmerk om dit uiteindelik uit te skakel.

Deskundiges het egter daarop gewys dat die groot hoeveelhede kernkrag afval die volgende probleem sal word, want om daarvan ontslae te raak, is een van die wereld se moeilikste take.