Ethiopië se mega-dam laat spanning

Die reuse dam wat Ethiopië bou in die Blou Nylrivier is besig om toenemende spanning te veroorsaak met die Soedan en Egipte, wat albei gekant is teen die hidro-elektrisie projek.

Soedan en Egipte sê Ethiopië is met die tweede fase van oprigting besig in die Blou Nyl, en dit veroorsaak ernstige spanning kort voor die volgende Verenigde Nasies se Veiligheidsraad sitting wat sal handel met die omstrede projek.

Kaïro en Kartoem sê hulle is deur Addis Abeba verwittig dat die tweede fase van die oprigting begin het van die Grand Ethiopian Renaissance Dam, en die Minister van Besproeiing van Egipte het gesê sy land kan hom nie sterk genoeg uitspreek teen die Ethiopiese dam bou projek nie, en die Minister van Buitelandse Sake in Soedan het hom daarby aangesluit en sê dit is ʼn “risiko en bedreiging”.

Die regering van Ethiopië het nie op die uitlatings van die ander lande gereageer nie, en waarnemers sê die reuse dam wat die grootste sal wees in Afrika, sal hidro-elektriese krag kan lewer wanneer dit klaar gebou is aan ʼn groot gebied van Afrika lande.

Intussen verhoog die spanning op diplomatieke vlak wat waarskynlik nooit die vorige goeie verhoudings tussen die drie lande sal verbeter nie, is gesê.