Enting binnekort vir bo 35 jaar

Die waarnemende Minister van Gesondheid, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, het aangekondig dat ʼn groot inenting veldtog teen die Covid-19 virus beplan word.

Die minister sê die beskikbaarheid van entstof maak dit moontlik dat daar binnekort ook gekyk sal word na mense van 35 jaar en ouer, wat sal kwalifiseer vir inenting.

Tydens ʼn inligting sessie aan die media het die waarnemende minister Kubayi-Ngubane gesê dat haar departement gesprek gevoer het met die Tesourie aangaande befondsing vir die bekombaarheid van entstof wat veral in naweke verbeter moet word, end us bykomende vergoeding sal vereis.

Sy het bevestig dat die regering ingestem het om registrasie van mense in die ouderdom groep 35 tot 49 ook te open, en sal registrasie op 15 Julie moontlik wees..

Die inenting van die ouderdomsgroep sal op 1 Augustus kan begin, het sy gesê, en het ook bevestig dat die eerste besending Sjinese “Coronavac” entstof ontvang is en klaarblyklik ook goedgekeur is vir gebruik.