Emigreer of vasbyt?

Daar gaan al hoe meer stemme op , veral vanuit finansiële kringe,  dat jonger mense met kinders dit moet oorweeg om te emigreer, al is dit vir ‘n interim periode tot daar stabiliteit in die land gekom het.  Die onvermoë van Ramaphosa om die bedrog en grootskaalse plundering in die land onder beheer te kry is van die redes wat gegee word vir die stelling.  Kabinetslede weerspreek mekaar en die president openlik in verklarings wat uitgereik word.

Voeg hierby die drakoniese grendel sluitings maatreëls wat oa die wyn en drank bedryf bykans op hul knieë het.  Druiwe en wynboere in die Wes- en Noord Kaap sit met groot probleme aangesien kelders nie hul voor-, middel- en agterskotte uitbetaal nie. Kelders sit met ‘n totale oormaat van wyn wat nie verkoop word nie.  SA Brouerye en diegene in die bier bedryf , sien kleinhandelaars, sit met dieselfde probleem.

In ‘n gemiddelde dorp in die Wes-Kaap is 40 boere onder bank bestuur.  Die banke kan nie die boere se grond terug neem nie want die skuld is meer as wat die grond werd is en die aanvraag op kopers van landbou grond is skaars.  Die enigste bedryf wat tans goed vaar is die sitrus bedryf.  Hier het egter groot boere ingekom en die kleiner boere uitgekoop.  Citrusdal word tans deur vier of vyf groot boere besit.

Plaas aanvalle en -moorde veroorsaak verdere druk op mense om eenvoudig moed op te gee en wel te emigreer.  ‘n Veeboer in die Noord-Kaap is tans in die VSA waar hy perde beslaan eerder as om die droogte toestande en gevare op die plaas in die gesig te staar.

Toestande in Staats  (Openbare) skole is van so ‘n aard dat ouers nie meer hul kinders met veiligheid daarheen kan stuur nie. Intussen sluit die owerhede skole soos wat hul wil weens die pandemie ten spyte van bewyse dat kinders minderes vatbaar is vir virusse,

Kan mens dan werklik iemand kwalik neem as hy sy tas pak en vertrek?

Sakkie vd Merwe