Dwelms in honderde huishoudings

Die voortdurende stryd van die veiligheidsmagte om dag na dag te veg teen die dwelmmiddel smokkelaars wat geweld en onrus veroorsaak, hok te slaan is in ʼn ondersoek verder toegelig om die stryd te wen.

Die polisie beweer dat daar in die Weskaap sowat 1,500 “bekende” huishoudings is waar dwelmmiddels in gebruik is, of as verkoopspunt gemerk is.

ʼn Staande komitee van die Polisie in die provinsie wat handel oor veiligheid sê hulle is bewus van 1,577 wooneenhede in die provinsie wat dwelmmiddel verbintenisse het, en kenners sê dit is wat die saak bemoeilik om dwelm smokkelaars en bendes vas te trek.

Die sogenaamde geïdentifiseerde huise word beskou as die broeiplek waar bendes gevestig word, en waar dwelms ʼn beslissende rol vervul, en om een tree voor die misdadigers te wees, kon nog nie deur die polisie bereik word nie.

Jaarliks word honderde mense in die provinsie gedood weens dwelm verwante misdade wat gepaard gaan met bende geweld, en die polisie se pogings om bendes vas te vat kon twee jaar gelede nie slaag met die hulp van weermag soldate nie.