Duur meubelstuk teruggevind

Die “Pablo” rusbank wat R70,000 kos, en wat deur die plunderaars en diewe gesteel is uit ʼn meubelwinkel, is deur die polisie opgespoor en teruggevind.

Die uiters moderne bank is twee weke gelede gesteel uit 4 winkel in Springfield.

Volgens ʼn woordvoerder van die polisie is die meubelstuk gevind by ʼn informele plakkerskamp in Quarry Weg, slegs enkele meters weg vanwaar dit gesteel is uit die winkel.

Dit het die polisie egter ʼn week geneem om die duur meubelstuk te vind, maar in die soektog daarna is baie ander gesteelde goed ook gevind, is gesê.

Intussen word verneem dat die plunderaars en diewe nou sukkel om hulle gesteelde goed verkoop te kry, aangesien die polisie met hulle ondersoek, van mense vereis om ʼn kwitansie te toon vir goed wat hulle onlangs bekom het.

Die “San Pablo Corner Sofa’ se verdwyning het opslae gemaak en selfs die voorblad van verskeie publikasies gehaal, terwyl die sosiale network ook gewemel het van mootnlike plekke waar dit gevind sou word.