Duitsland: Bye voerders spring op

ʼn Eenvoudige toestel, met ʼn houer waarin suikerwater gegooi word, is besig om deur byna elke huishouding in Duitsland staan gemaak word om die bye bevolking te help en selfs daarmee die bye te laat vermeerder.

Die Duitse ondernemer, Sebastian Everding, wat begin het met die projek, het met die idee begin en later gepropageer omdat die bye bevolking se getalle so afgeneem het dat dit ʼn risiko loop om geheel en al te verdwyn in Duitsland.

Hy het ou gebruikte toerusting aangewend om sy bye voeding stelsel te begin, en het met veld en ander blomme begin, en dit geplant, maar ook ander mense gemotiveer om dieselfde te doen. Met die projek het hy die begin gemaak om kos vir bye te voorsien, en binne enkele maande het dit in ʼn massiewe beweging in Duitsland geword waarin die bye bevolking gered kan word.

Behalwe dat hy bye voerders wat hy self maak, aan ander beskikbaar stel, is daar ʼn onbekende aantal mense wat self ook begin om voerders te maak.

Hy het ook verskillende saadsoort begin identifiseer wat geplant kan word ok kos vir bye te verseker, en het die verskillende saadsoort ingedeel om by die verskillende seisoene van die jaar kos te bied aan die hardwerkende volk wat verseker dat