Duisende kinders uit skole

ʼn Bykomende 500,000 kinders het skool verlaat gedurende die pandemie volgens inligting wat verstrek is deur die National Income Dynamics Coronavirus Rapid Mobile Survey (NIDS-CRAM). 

Die NIDS-CRAM is glo ʼn studie wat deur opgeleide navorsers wat uit ʼn span van sowat 30 persone bestaan wat deskundiges is in die sosiale wetenskappe.

Die span werk saam met die Departement van Onderwys en Opvoeding en het navorsing gedoen oor hoe die pandemie en die grendel tye se inpak op die Suid-Afrikaanse huishouding is.

Die ondersoekers het ook gefokus op die uitwerking wat die faktore het op werkloosheid in die land, en hoe dit huishoudings se inkomste en werkloosheid raak.

In die ondersoek is bevind dat skoolverlaters drie keer meer is en van 230,000 na sowat 750,000 in Meimaand verhoog het, wat ʼn toename van meer as 500,000 is.

Die ondersoek toon ook dat alhoewel 90% van die leerders teruggekeer het skool toe, is daar 10% wat nie terug is sedert die begin van 2021 se skooljaar nie.