Droogte en winde laat Griekeland brand

Uitermatige sterk winde het groot veld- en bosbrande veroorsaak en alarm is gemaak om inwoners te waarsku om gereed te wees om opvolg instruksies na te kom as die brande uitbrei.

Die Griekse owerheid waarsku dat die onhoudbare hoë temperatuur bedags die brande laat vermeerder, en bestryding uiters bemoeilik.

Waarskuwings is ook gerig tot inwoners nadat berig ontvang is dat hewige bosbrande ten noorde van Athene ontstaan het en vinnig versprei na die beboude gebied se kante.

Sowat 70 brandbestryders en minstens 5 helikopters is in ʼn verwoede stryd betrokke om te verhoed dat die brande die stedelike gebiede bereik.

Later is 5 vragvliegtuie ook aangewend om duisende liters water oor die brande uit te giet, en word aangewend om die gebiede te probeer blus wat moeilik

Die Adjunk Goewerneur van die gebied, Vasilis Kokkalis, sê baie huise en ander geboue het reeds skade opgedoen en die inwoners daarvan moes inderhaas na veiligheid geneem word.

Wetenskaplikes beweer dat die brande in die gebied hoofsaaklik toegeskryf kan word aan klimaatverandering, en die ongekende hitte wat nou ondervind word is glo bevestiging van die veranderings.