Dosyne sterf in brandende fabriek

In Bangladesj het 52 mense in vlamme omgekom toe ʼn massiewe ontploffing by ʼn fabriek die hele omgewing geskud het en ʼn onbekende aantal mense beserings opgedoen het.

Die brand het in ʼn voedsel prosessering fabriek ontstaan in die buitewyke van Dhaka, en waarnemers sê die fabriek, Hashen Food, staan gedeeltelik in ligte laaie.

Die brandweer afdeling en brandslaners het in groot getalle opgedaag om die vuur te blus, maar waarnemers sê dit is reeds enkele dae wat swaar rook en vlamme by die fabriek sigbaar is.

Honderde mense het op ʼn veilige afstand bly staan, wagtend en hoopvol dat hulle familielede wat werksaam is in die fabriek, lewens is.

Verskeie werkers het probeer om die vlamme te vermy, en selfs twee vroulike werkers het uit die derde verdieping gespring om nie in die verterende vuur om te kom nie.