Dit is wat teen Zuma gehou word

Die voormalige ANC president, Jacob Zuma, is in Estcourt tronk, wat in hedendaagse terme, redelik luuks is, want die tronk is enkele jare gelede opgerig en redelik onlangs eers in gebruik geneem.

Maar Zuma is in die tronk omdat hy ʼn hofbevel verontagsaam het, en kenners meen dat hy nie lank sal sit voor die paroolraad hom weens ouderdom en swak gesondheid, huis toe stuur nie.

Wat egter meer van belang is, is die aantal beskuldigings wat steeds onaangeraak is, en waarvoor Suid-Afrika in afwagting is, moet op een of ander stadium afgehandel word.

Die Staatskaping episode kan volgens meningsvormers en ontleders, nie daar gelaat word nie, en die feit dat hy nie getuig het voor die Zondo Kommissie nie, maak nie die saak ongedaan nie.

Met die verbintenis wat Zuma gehad het met die Gupta familie, behoort die saak prioriteit te geniet, sê waarnemers.

Ten opsigte van die Wapen Transaksie skandaal, waar Jacob Zuma van korrupsie beskuldig word, moet nog in die howe beslis word, en wanneer dit gaan gebeur, bly onbekend aan die inwoners van Suid-Afrika, want dit sal saamhang met hoe lank hy in die Estcourt tronk gaan wees.

Daar is ook ander sake wat teen Zuma gehou word, waarvan die afdanking van die Minister van Finansies, Nhlanhla Nene in Desember 2015, nog ʼn nadraai kan maak.

Later het Nene aan die ZondoKommissie gesê hy is deur Zuma afgedank omdat hy geweier het om ʼn $100 miljard se kernkragsentrale wat deur Rusland opgerig sou word, goed te keur.

Zuma het ook die Minister van Finansies, Gordhan, en sy adjunk Mcebisi Jonas afgedank tydens ʼn middernagtelike skommeling van sy kabinet.

Politieke ontleders sê dit is die belangrikste aangeleenthede wat Zuma ʼn ongewilde en onbekwame president gemaak het, terwyl ander beskuldigings soos verkragting nie eers ter sprake gebring word nie.