Covid: WGO plaas druk op Beijing

Die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) het sy prioriteite verander ten opsigte van die tweede fase van ondersoek na die laboratoriums in Sjina om te probeer bepaal hoe die Covid-19 virus ontstaan het.

Intussen het Tokio bevestig dat die eerste geval van infeksie in die Olimpiese Spele geledere geïdentifiseer is, wat beteken dat die moontlikheid nie uitgesluit is dat meer deelnemers infeksie het nie.

Die eerste sending na die Sjinese stad is vertraag deur die Sjinese owerheid wat die besoek vir maande verhinder het, wat die gevoel laat ontstaan het dat sekere voorsorg getref is dat die afvaardiging niks vind nie.

Die tweede afvaardiging van die WGO om ondersoek te doen oor die koronavirus se oorsprong behoort deur verdere studies te doen in Sjinese laboratoriums.

Die WGO se hoof, Tedros Adhanom, het daarop gewys dat een van die prioriteite behoort te wees “die ouditering van tersaaklike laboratoriums” in Sjina.

Hy sê dit sal ook nodig wees om navorsings instellings te ondersoek indien deeglike werk gedoen word, en waarnemers sê die optrede van Sjina om sekere inligting te weerhou soos in die eerste besoek, nie geduld behoort te word nie.

5