Covid: Dokters vra sterk optrede

Verskeie dokters in die mediese omgewing het begin waarsku dat die Covid-19 Delta variant se blitsvinnige verspreiding het nou vereis dat elke persoon in die land moet sekermaak dat hulle die basiese maatreëls nakom, en hulle ook laat inent.

Volgens die geneeskundiges is dit nodig dat die bevolking ag slaan op die gevaar van die Delta variant wat so vinnig versprei, en sê as dit nie nou deur die publiek met verantwoordelikheid nagekom word nie, gaan Suid-Afrika ʼn enorme groot pandemie beleef waarby miljoene mense betrek sal word.

Die mening is uitgespreek dat alhoewel die entstof in beperkte voorraad beskikbaar is, word dit ernstig om mense te oorreed om hulle te laat immuniseer, omdat die entstof wat gebruik word, doeltreffend is teen die Delta variant.

Die mening is geopper dat die verspreiding kan lei tot ʼn vierde en selfs vyfde vase, wat nie net katastrofiese gevolge in mense lewens sal he nie, maar ook op ekonomiese gebied die bevolking en die land sal knel.

In die afgelope paar dae het gemiddeld sowat 400 mense per 24 uur gesterf weens infeksie, waarvan die oorgrote meerderheid die Delta variant gehad het, en die nuwe infeksies, wat wissel van 15,000 tot 22,000 maak dinge nog erger, is gesê.