Bush: Onttrekking uit Afghan is fout

Die voormalige Amerikaanse president, George W. Bush, wie se administrasie die leiding geneem het om troepe van verskeie lande na Afghanistan te stuur in die stryd teen die Taliban, sê die VSA en Navo lande se onttrekking uit die land is ʼn ernstige fout.

Die voormalige president sê die onttrekking ʼn fout, en hy is bevrees dat Afghanistan vroue en dogters gaan weer swaar onderwerp word aan onmenslike behandeling, en die vertalers en ander ondersteuning wat verlore gaan is tot voordeel van die Taliban magte.

Bush het ook verwys na die terreur groep wat bekend is as die Islamitiese Taliban wat die afgelope weke groot dele van Afghanistan ingeneem het en beheer uitoefen terwyl die regerinmgsmagte probeer om hoofsaaklik die stede te beskerm.

Bush het gedurende sy termyn as president van die VSA die Amerikaanse troepe na Afghanistan gestuur in 2001 en  hy glo dat Bondskanselier Merkel van Duitsland waarskynlik met sy siening saamstem.