Britte ontplooi oorlogskepe in Ooste

Brittanje sê hy gaan twee oorlogskepe permanent ontplooi in die waters van Asië nadat sy Queen Elizabeth vliegdekskip en die begeleiding skip na Japan gevaar het in September.

Die vaart deur die Suid Sjinese See gebied, waar Sjina poog om sy gebiedswaters uit te brei, sal gedoen word om na Japan te vaar.

Die Britse Minister van Verdediging, is met sy besoek aan Japan goed ontvang, en tydens die vergadering met die Japanese premier, is belangrike besprekingspunte gevoer op Dinsdag 20 Julie.

Of die hoë profiel besoek bespreking oor die ontplooi van twee oorlogskepe in die Asiatiese seewater was, is nie bekend nie, maar kenners reken dit is ʼn verdere stap om die bande tussen die twee lande te versterk.

Die groeiende spanning tussen Sjina en Taiwan is klaarblyklik as vertrekpunt gebruik in die besprekings, en die ontplooi van twee oorlogskepe later vanjaar in die gebied, kan dien as eerste stap om die steun aan Taiwan te demonstreer, het militere deskundiges later gesê.

Die magsopbou in die gebied kan die spanning met Sjina verhoog, en die feit dat die VSA se grootste weermag basis in Japan is, dui op die gesamentlike optrede teen Sjina wanneer dit genoodsaak sou wees.