Biden ontvang Belarus opposisieleier

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het die politieke opposisieleier van Belarus, Sviatlana Tsikhanouskaya, in Washington ontvang vir dringende gesprek oor die land se toekoms.

Sy het sonder huiwering haar uitgespreek oor die menseregte vergrype in Belarus, en oor die herstel van die demokrasie wat tans vernietig is.

Die Amerikaanse president het sy land se steun aan haar herbevestig om die demokrasie weer herstel te kry, wat sal beteken dat die menseregte ook weer behoorlik toegepas sal word.

Biden het later gesê die VSA staan by die demokrate van Belarus in hulle stryd om die demokrasie heringestel te kry.

Die Amerikaanse president het egter nie toegelig op welke wyse die opposisieleier en haar ondersteuners gehelp sal word in hulle vreedsame stryd nie.