Beurtkrag: Skokkende gegewens

Eskom se beurtkrag sal die BBP met die helfte laat verminder hierdie jaar en die koste vir Suid-Afrika sal ondermeer beteken dat 275,000 werkgeleenthede verlore gegaan het.

Die is die mening van ë akademikus wat intensiewe studie gedoen het oor die werklike impak wat beurtkrag het op die nasionale ekonomie.

Die land het in 2020 sowat 859 uur van beurtkrag gehad, en volgens  studies wat gedoen is, word bereken dat die koste beraam word op R75 miljard wat verloire gegaan het, terwyl 450,000 werksgeleenthede verlore is.

Volgens die studie wat gedoen is, is ʼn scenario gestel wat toon dat die ekonomie ʼn soortgelyke situasie vir 2021 kan beteken, want die aantal ure van beurtkrag is byna dieselfde as wat dit in dieselfde tyd verlede jaar was.

Ontleders sê die beurtkrag, tesame met die plundertogte van die afgelope week waar duisende werkers sonder inkomste is, die land se ekonomiese vermoe tot die uiterste beproef het.