Baie sterf in Europa se vloede

Die sterftes in Duitsland en in ander naburige lande weens die onnatuurlike hoë stortreën van die afgelope week, het tot meer as 160 gestyg, en baie mense word vermis wat die dodetal kan laat styg.

Die westelike deel van Europa het nie net die sterftes in Duitsland laat toeneem nie, maar berigte van groot oorstromings in Nederland, België en Frankryk het die vrees laat ontstaan dat meer mense omgekom het.

Die polisie en reddingswerkers sê meer as 150 het omgekom in Duitsland, terwyl etlike honderde vermis word, en woonhuise vernietig is deur die vloedwaters, terwyl dosyne motorvoertuie meegesleur of ernstig beskadig is.

In een deelstaat, Rijn-Wesvalia was daar teen Vrydag 63 sterftes aangeteken, en duur die soektog na meer oorlewendes voort, maar die vloedwater bemoeilik die taak van reddingswerkers.

In die noordelike deel van die deelstaat het huise oorspoel met die geweld van groot see branders wat ontstaan het en die stortreën se invloede se resultate vererger het.

Die swaar reënval word deur Europese weer deskundiges bestempel as die ergste wat nog ooit aangeteken is, en wetenskaplikes wys daarop dat dit deel van die klimaatverandering is wat oral ervaar word.

Die navorsers sê elke natuurverskynsel soos reën, droogtes, orkane en tsoenami voorvalle sal groter en gevaarliker wees as wat die mensdom tot nou geken het.