Assad weer regeerder in Sirië

President Bashar al-Assad van Sirië is weer vir die volgende termyn van sewe jaar ingehuldig, ongeag die feit dat die Westerse moondhede nie sy verkiesing as vry en regverdig erken nie.

Die Europese lande en die VSA het die uitslag van die verkiesing verwerp wat in Mei vanjaar gehou is, en dit geregverdig deur die verkiesing as  verkiesings bedrog te bestempel en dus nie vry en regverdig verklaar kan word nie.

Die president van Sirië regeer reeds vir byna 30 jaar, en duisende kiesers weier om deel te neem aan die verkiesings wat volgens hulle, slegs grootskaalse bedrog is.

Volgens die owerheid van Sirië het Assad 95% van die stemme op hom verenig, maar ingeligte bronne sê dit is bloot omdat net ʼn deel van die kiesers gaan stem omdat hulle aanhangers van die president is.

Hy is die afgelope naweek ingesweer in die teenwoordigheid van sowat 600 uitgenooide gaste, en na die seremonie het die 55-jarige president gesê die mense het vir hom gestem omdat hulle vertroue het in sy regering.