ANC skors Niehaus

Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee het die voorloper van die MK veterane beweging, Carl Niehaus, tydelik as lid geskors weens sy optrede by Nkandla.

As leier van die Umkhonto weSizwe Military Veterans Association (MKMVA) en sy meer as 40 jaar se lidmaatskap van die ANC het klaarbllyklik nie die skorsing verhoed nie, en wil die party daarmee ook ander lede waarsku om nie die voorbeeld van Niehaus te volg nie.

ʼn Brief van die ANC se adjunk Sekretaris-generaal, Jessie Duarte, sê sy Niehaus se optrede in Nkandla gedurende die afgelope naweek het die party in ʼn ongunstige posisie geplaas en daarom het die Party besluit om die lidmaatskap van hom op te skort.

In die brief aan Niehaus word dit gestel dat ernstige kommer bestaan oor sy optrede tydens sy toespraak by Nkandla wat ook deur die media uitgesaai is, waarvan die TV ook deel is, en dit het die ANC in verleentheid gebring. Die optrede is gedoen terwyl Niehaus geklee was in klere waarop die ANC embleem vertoon word.