Anargie: Skokgolwe slaan SA

Die plunder veldtog het skokgolwe deur Suid-Afrika gestuur, maar nou is bevind dat die skade wat aangerig is, veel hoër is as wat aanvanklik beraam is.

In Natal is beraam dat sowat R5 miljard se skade berokken is deur die diewe en vandale, maar later is dit hersien en bevind dat R20 miljard nodig is om die skade te herstel.

Die jongste opname toon dat die geboue wat beskadig en vernietig is, tesame met die massiewe groot voorraad van meer as 1,000 sakeondernemings, en die beskadiging van infrastruktuur, dat dit nader aan R50 miljard sal kos om alles reg te stel.

Benewens die groot aantal geregistreerde sakeondernemings wat meer as 1,000 is, is daar nagenoeg 3,000 klein ondernemings wat almal vernietig is.

Daarbenewens is die skade in Gauteng nog nie volledig beraam nie, en is die verwagting dat dit ook veel meer sal wees as wat aanvanklik bereken is.

Finansiële ontleders waarsku dat die werklike impak van die annagie wat ontketen is, eers in die volgende weke en maande gevoel sal word, en die styging in lewenskoste sal duisende huishoudings verder verarm, is gesê.