Anargie eis 220 lewens

Minstens 200 mense het omgekom in verlede week se poging om Suid-Afrika onregeerbaar te maak en anargie te wek en miljarde Rand se skade te veroorsaak.

Benewens  die groot klomp mense wat gesterf het, is sowat 3,400 gearresteer deur die polisie, en die teenwoordigheid van die weermag troepe het bygedra tot die afplatting daarna van die plundery.

Onbevestigde berigte lui dat meer as 500 mense beserings opgedoen het in die pogings van die polisie wat met rubber koeëls gevuur het om diewe uitmekaar te jaag.

Die ANC president Ramaphosa sê die afgelope week se chaotiese toestand het die regering onkant betrap en was nie voorbereid op soveel onrus nie. Hy reken egter dat die gebeure ook getoon het dat mense meer verenig het, want honderde het winkelsentrums beskerm deur in groot getalle om die persele te vergader.

 In talle gebiede het veral die swart gemeenskappe met besems, kruiwaens en ander toerusting die gemors begin opruim uit solidariteit met die sakeondernemings en die owerheid.

In die tradisionele blanke gebiede was die plunderaars minder gesien, wel wetende dat buurtwagte op paraatheid grondslag die omgewings patrolleer het.