Zoeloe Koningshuis in onvrede

Slegs ʼn week voor Koning Misulu, prins Mangosuthu Buthelezi, en ander in die koninklike familie gereageer het op die dokumente van ʼn regsgeding, het Prinses Thembi Zulu-Ndlovu bevestig dat hulle die regsgeding gaan ondersteun.

Die mees senior prinses wat ook die suster is van die ontslape Koning Goodwill, het aansien gekry vir haar herhaaldelike uitsprake dat God weet wie die volgende koning van die Zoeloes sal wees.

Die dokumente wat deur verskillende mense van die familie geliaseer is vir die hofsaak, dui daarop dat groot ontevredenheid bestaan onder die familie, end at die verskille in die hof besleg gaan word.

Daar is egter soveel onderstrominge dat die hofsaak waarskynlik uitgerek sal word, terwyl die skeuring in die familie al dieper klowe gaan veroorsaak.

Wie uiteindelik die saak gaan wen, en wie uiteindelik die wettige nuwe koning gaan wees, sal slegs deur die hof se beslissing bepaal word, maar of almal die hof se beslissing gaan aanvaar, sterk die moontlikheid dat ʼn appelhof ook uitspraak sal moet gee.