WhatsApp bring nuwe moontlikheid

Die Hoof Uitvoerende Beampte van “Facebook”, Mark Zuckerberg, het aangekondig dat die gewilde WhatsApp se diens verder uitgebrei gaan word.

Hy sê die gewilde WhatsApp se boodskap diens sal dit moontlik maak om met ʼn sakeonderneming g te praat en met die sakalui te kommunikeer oor ʼn produk alvorens dit gekoop gaan word.

Zuckerberg sê op die sosiale netwerk dat gebruikers sal binnekort dit moontlik vind om met ʼn besigheid te praat voor n produk gekoop gaan word.

Hy het bygevoeg dat sakeondernemings dit net sal nodig vind om hulle winkel eenmalig op te stel.

Die aankondiging kom as deel van die aanhoudende druk om die maatskappy saam met Instagram nuwe moontlikhede te ontwikkel.

Intussen is ook aangekondig dat ʼn aantal nuwe opgraderings gemaak gaan word wat dit vir sakeondernemings moontlik sal maak om veel gouer ingeskakel te kom op die nuwe stelsels.