WGO: Afrika nie gereed vir 3de Pandemie

Die stryd van arm lande teen die invloed van die koronavirus pandemie word bemoeilik weens die tekort aan entstof wat veral in Afrika lande ondervind word.

Die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) sê in sy jongste verklaring dat die arm lande van Afrika nie gereed is om die derde pandemie van die koronavirus te trotseer nie.

Benewens die tekort aan entstof bestaan daar ook ʼn ernstige tekort aan toerusting, en die infrastruktuur is sodanig dat die bestryding veel te wense oorlaat.

Intussen het die WGO ook bekend gemaak dat die verspreiding van infeksie reeds met meer as 20% toegeneem het in die afgelope maande, en die voorspelling is dat dit verder gaan styg.

Die WGO het ook gewaarsku dat Afrika lande meer bewus moet wees van die werklikheid dat die derde pandemie besig is om in talle lande van Afrika sy opwagting te maak.

ʼn Ondersoek het aan die lig gebring dat Afrika gemiddeld een Hoësorg eenheid per 100,000 mense het, wat die versorging van noodgevalle soveel moeiliker maak.