Werkers weier inenting – geskors

Meer as 170 werkers in die gesondheidsdienste van Houston, Texas, is deur die hospitaal geskors omdat hulle inenting geweier het.

Die werkers is vir twee weke geskors en sal ook vir die tydperk geen vergoeding ontvang nie.

Die gesondheid werkers sê hulle wantrou die entstof en die hospitaal het ʼn sperdatum gestel soos wat die regulasies bepaal.

Indien die werknemers na twee weke steeds weier om inenting te aanvaar, sal hulle afgedank word, en die Houston Metodiste Hospitaal se president en Hoof Uitvoerende Beampte, Marco Boom, sê dat 99% van sy meer as 25,000 werknemers is ingeënt sonder teenstribbeling, en het dit gedoen voor die gestelde sperdatum.

Die hoof het gesê die hospitaal het ʼn goeie rekord van veiligheid opgebou, wat nou deur ʼn klein persentasie werkers bevraagteken word.