Wêreld se derde grootste diamant gevind

ʼn Knewel van 1,098 karaat diamant is die week gevind in Botswana by die Debswana  maatskappy, en is die derde grootste diamant wat nog gemyn is. Die grootste diamant is die Cullinan wat in 1905 gevind is.

Dit is redelik aanvaar dat dit die derde grootste diamant is wat nog gevind is, en die wêreld se grootste fonds is wat in Botswana ontdek is,

Die reuse diamant is die eerste keer vertoon toe dit op spesiale uitnoding aan die president, Mokqweetsi Masisi in Gaborone getoon is.

Botswana is die rykste land in ontginning van diamante op die vasteland van Afrika, en hierdie groot diamant is deur die De Beers groep gevind.

Volgens De Beers is die diamant van besondere betekenis omdat dit ʼn baie skaars sort is, en met hierdie diamant is Botswana die onbetwiste leier van diamant ontginning in Afrika, is gesê.

Die Cullinan diamant wat meer as 3,000 karaat is, was tot nou nog die grootste klip wat ooit in die wêreld gevind is.