Wees versigtig met WhatsApp

President Cyril Ramaphosa het die wetsontwerp op Kubermisdaad onderteken en word nou wet in die land.

Die wet bring Suid-Afrika redelik in lyn met die res van die wereld se wette oor kubermisdaad aangeleenthede.

Die wet maak voorsiening dat boodskappe wat per WhatsApp gestuur word, en wat skadelik mag wees, as kriminele oortreding beskou word.

Dit kan lei tot ʼn hofgeding met swaar boetes en selfs tronkstraf plus boetes in sekere meer ernstige gevalle.

Boodskappe wat skadelik kan wees van eiendomme, en waar persone of eiendomme gedreig word om skade op te doen, en enige boodskap wat ander tot nadeel strek, kan veroorsaak dat die sender daarvan vervolg word.

Kubermisdaad wat verband hou met bedrog, of diefstal en ander ernstige misdrywe sal ook tot vervolging kan lei.

Gebruikers van die metode om boodskappe te stuur, moet eerder die woorde met versigtigheid kies om vervolging te vermy, word gesê.