VSA: Meer Sjinese maatskappye op swartlys

Die Amerikaanse Wit Huis het met sy jongste skuif op internasionale gebied, die spanning in verhoudings met Sjina verder verhoog deur meer Sjinese firmas op die swartlys te sit.

Dit bring mee dat nog meer maatskappye se potensiele beleggings verban word in die VSA, en dat ondersteuning in sake transaksies ook nie langer beskikbaar sal wees nie.

Een van die grootste Sjinese maatskappye, die omstrede Huawei bly steeds op die swartlys, en die president, Joe Biden, het aangekondig dat die Sjinese maatskappye wat op die swartlys geplaas word, ʼn uitbreiding is van meer instansies wat Sjinese skakeling het.

Die lys bevat 59 firmas en vervang die vorige lys van 31 instansies wat deur die VSA se Departement van Verdediging opgestel is tydens die bewind van president Trump.

Die nuwe swartlys word egter eers van krag op 2 Augustus nadat die VSA Tesourie Departement die nuwe lys bekragtig het.