Voormalige VW baas word vervolg

Vervolging gesag in Berlyn, Duitsland, het ʼn ernstige saak teen die voormalige Volkswagen hoof, Marttin Winterkom, begin waarin hy beskuldig word dat hy valse getuienis gelewer het aan die Duitse Parlement.

Die inligting wat hy gegee het handel oor die Volkswagen voertuig skandaal van ʼn paar jaar gelede, en die vervolgings gesag het nou besluit om hom voor die hof te daag.

In die hofstukke word aangedui dat Martin Winterkom valse getuienis gelewer het voor ʼn parlementêre komitee, wat ondersoek gedoen het na die bekende “diesel gate” skandaal wat die Volkswagen maatskappy duisende euro gekos het.

Die vervolgers beweer dat Winterkom wel geweet het van die data manipulasie in die verskillende Volkswagen modelle, en bewerings word gemaak dat die voormalige hoof dit by geleentheid erken het.

Volgens gegewens wat beskikbaar is, het Winterkom sedert 2015 geweet dat sekere Volkswagen modelle toegerus is met bykomende toerusting wat die sagteware manipuleer.

Volkswagen moes meer as 30 miljard euro betaal vir die grootste skandaal in die vervaardiger se geskiedenis.