Virus: WGO in “onmoontlike posisie”

Michael Ryan, woordvoerder van die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) sê hy word in ʼn “onmoontlike posisie” geplaas met die ondersoek wat gedoen word in Sjina.

Die WGO het opdrag gekry om in Sjina ondersoek te doen om vas te stel wat die werklike oorsprong van die Covid-19 koronavirus is.

Met die aankondiging van die Verenigde State van Amerika dat sy Intelligensie Agentskap hulle eie ondersoek gaan doen, plaas dit die WGO in die onbenydenswaardige posisie dat sy ondersoek nie voldoende geloofwaardigheid bied nie.

 Die Amerikaanse ondersoek word gedoen met die fokus op twee aspekte, waarvan die eerste is om vas te stel of die virus afkomstig is van ʼn dier, of is dit in ʼn laboratorium onwikkel.

Die WGO woordvoerder sê die pogings wat geïnisieer word om die oorsprong van die koronavirus se ontstaan te probeer vasstel word ondermyn deur politici.

Ryan vra dat almal skeiding moet maak tussen wetenskaplikes en politici sodat die ondersoek gedoen kan word om uiteindelik die korrekte inligting te bekom oor waar die oorsprong van die virus is.

Die aangeleentheid is nou vergiftig deur die inmenging van politici, het hy gesê, maar ontleders wys daarop dat toe politici gewaarsku het aan die begin dat die virus uiters gevaarlik is, was dit die wetenskaplikes en die WGO wat dit afgemaak het met bewerings dat die virus ʼn vroeë dood sal sterf, toe sterf derduisende mense.

Die voormalige president van die VSA, Donald Trump, het die WGO daarvan beskuldig dat hy Sjina probeer beskerm, terwyl dit juis bedenklik is dat Sjina weke geswyg het voor hy erken het dat die virus hoog aansteeklik is, maar toe het hy reeds mense wat infeksie opgedoen het, dit wêreld in gestuur, het die VSA gesê.