Virus: Peru ervaar skerp styging

Die Latyns-Amerikaanse staat Peru het onverwags ʼn geweldige styging in sterftes wat veroorsaak is deur die koronavirus infeksies.

Die skerp styging word toegeskryf aan die betrokkenheid van ʼn paneel deskundiges wat bevind het dat die tel rekords verkeerd gedoen word.

Die land het nou per kop die hoogste sterfte syfer in die wêreld, en kommer bestaan dat die owerheid nie effektief genoeg is om die situasie om te keer nie.

Die totale sterftes wat aanvanklik as 69,342 aangegee is, het nou met die korrekte telling verhoog na 180,764, en die owerheid het nou sy syfers daarvolgens aangepas.

Peru het ʼn bevolking van net minder as 33 miljoen mense, en het nou vir die eerste keer sedert die pandemie begin het, besef dat meer gedoen moet word om infeksie te voorkom.

Mense wat aan ander siektes ly, en later oorlede is weens infeksie, is meestal nie getel as sterfgevalle nie, maar die paneel deskundiges het gesorg dat die owerheid die fout regstel.