Veranderings kom net bestuurslisensie

Die Departement van Vervoer het bekend gemaak dat verbeterings aangebring word met die dienslewering om bestuurslisensies en toetsing by sentrums regoor Suid-Afrika op te gradeer.

Standaarde is in 2013 verbeter, maar meningsvormers sê dit het geen wesenlike verandering gebring nie.

Oor die afgelope jare het mense net meer gekla oor die swak diens, die omkopery en korrupsie, wat geen positiewe uitwerking gehad het op die burgerlike samelewing nie.

Nou kom die Departement weer met ʼn soortgelyke opgradering van dienste, maar verskeie ryskool eienaars sê daar bestaan nie enige vertroue solank as wat korrupsie en omkopery deel van die nuwe pakket gaan wees nie.

Meningsvormers sê die aanbring van borde met tariewe en ander besonderhede gaan nie die korrupsie ondervang nie. Toetse word uitgevoer en na afhandeling gebeur dit dat foute uitgewys word wat die leerder gemaak het, maar dit wor uit die weg geruim met ʼn bedrag onder die tafel deur.