Uit my Kuierkombuis

Wanneer jy die resep die eerste keer onder oë kry,  kan jy nie glo dat dit moontlik is om dit te maak nie!  Drie bestanddele,  geen meel of eiers nie en die eindresultaat is ‘n bakplaat of twee vol kleinkoekies?  Hoe is dit moontlik!  Helaas,  dit is moontlik,  dit word vinnig aangemaak,  balletjies gerol, platgedruk en gebak …….en daar het jy heerlike koekies vir teetyd!  Iemand het die basiese resep toe ook verder aangepas en growwe muesli en gekapte neute bygevoeg wat dit ‘n heerlike growwe koekie gemaak het.

Grondbonebotterkoekies

500 ml grondboontjiebotter

** Ek het die growwe grondboontjiebotter gebruik met die gekapte grondbone daarin.

375 ml muesli

500 ml suiker

2 ekstragroot eiers

**  200 ml gekapte neute (pekan of amandel) – opsioneel

Rooi en groen kersies vir versiering

Metode:

  1.  Meng alles saam en maak okkerneut grootte balletjies en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat.
  2. Druk effens plat met ‘n vurk se agterkant.
  3. Plaas ‘n rooi of groen glanskersie (kleiner gesny) op elke koekie.
  4. Bak in ‘n voorafverhitte oond by 180 °C vir ongeveer 5 – 8 minute.  Hou veral die eerste baksel dop sodat die koekies nie brand nie.
  5. Laat afkoel op die bakplaat en lig dan af met ‘n eierspaan.
  6. Verpak in ‘n lugdigte houer.

**  Ek het die gekapte neute uitgelaat aangesien ek die growwe tekstuur grondbonebotter gebruik het.

‘n Heerlike koekie wat sommer so warm word in jou mond!

Die oorspronklike resep:

1 koppie suiker

1 koppie grondboontjiebotter

1 eier

Meng,  rol balletjies, druk plat met vurk, plaas op gesmeerde bakplaat en bak by 180ºC vir 5 – 8 minute.