Twee sneltreine bots – talle sterf

Twee spesiale sneltreine het in die suide van Pakistan gebots en minstens 30 passasiers is dood in die ongeluk. Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend en die owerheid het ʼn intensiewe ondersoek gelas.

Die vermoede bestaan dat die ongeluk gebeur het terwyl belangrike onderhoud aan die spoor netwerk gedoen is.

Die twee sneltreine wat albei passasiers vervoer, het sowat 1,100 passasiers ver voer in die twee treine toe die ongeluk plaasgevind het.

ʼn Polisie woordvoerder sê polisie en redding spanne het dadelik op die toneel begin om mense uit die wrakke te haal, en baie passasiers moes inderhaas na hospitale geneem word.

Die grootste uitdaging was om die beseerdes vinnig genoeg uit die treine te kry en na hospitale te neem vir dringende behandeling.

Met die ter perse gaan was daar nog sowat 20 beseerdes wat vasgevang is in die wrakke, en moes met spesiale toerusting bevry word.