Trump op voorgrond oor Covid

Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, het onverwags weer na vore gekom in die Amerikaanse politiek tydens die Republikeine se Konvensie in Noord Karolina.

Tydens sy toespraak by die geleentheid het hy die VSA se eis gestel teen Sjina en gesê die Sjinese moet die herstelkoste betaal aan die VSA vir sy koronavirus skade wat veroorsaak is.

“Alle nasies van die wêreld behoort saam te span om Sjina te verplig om ʼn minimum van $10 triljoen kompensasie vir die skade te betaal”, het Trump gesê.

Hy het bygevoeg dat die lande van die wêreld as eerste stap gesamentlik alle bedrae verskuldig is aan Sjina weens koronavirus uitgawes, as eerste afbetaling van die $10 triljoen moet terug hou en nie betaal nie.

Trump beveel aan dat die VSA  ʼn 100% heffing op invoer van goedere uit Sjina gevorder moet word.