Toenemende werkloosheid – toenemende misdaad

Die SA Statistiek Diens het sy jongste Kwartaal Arbeid Ondersoek gepubliseer vir die eerste kwartaal van 2021.

Die verslag toon ʼn verdere styging in die aantal werklose mense wat nou sy hoogste is van alle tye.

Die totale werkloosheid het nou 32,6% bereik, wat die hoogste syfer is vir die tyd wat die ANC regeer in Suid-Afrika.

Die aantal mense wat in dien is, het byna onveranderd gebly op sowat 15 miljoen, maar is wel 28,000 minder in die eerste kwartaal van 2021.

Die totale aantal werklose mense staan nou op 7.2 miljoen, en deskundiges in die arbeid mark sê dit is een van die redes waarom misdaad ʼn stygende kurwe het.

Daarbenewens is die land ook opgesaal met sowat 200,000 mense wat nie werksoekers is nie, vir wie ook uit die staatskas gehelp moet word, terwyl dit ook die groep is wat geneig is om by misdaad betrokke te raak.