Taliban wen gebied in Afghanistan

Afghanistan se weermag swig vir die terreur bende van die Taliban en moes sien hoe die rebelle die weermag troepe platskiet terwyl hulle vorentoe beweeg om meer grondgebied te verower.

Dit volg nadat die troepe van die VSA en sy alliansie vennote soos Duitsland ook besluit het om uit Afghanistan te onttrek.

Die Afgaanse troepe is swak bewapen en kon nie opweeg teen die Thaliban se gesofistikeerde wapentuig nie.

Tans is daar gevegte tussen die twee groepe in 26 van die land se 34 provinsies, en is sowat 150 troepe gewond of gedood binne 24 uur van die gevegte.

Waarnemers is van mening dat die Taliban nou besig is om die oorhand te kry met die vertrek van buitelandse soldate wat die land se weermag ondersteun het.