Taliban saai verwoesting in Afghan

Met die Westerse lande wat gereedmaak om hulle troepe te onttrek uit Afghanistan, het die Taliban rebelle hulle geleenthede gebruik om oorwinnings te behaal teen die swak toegeruste soldate van die weermag.

Die land se ministerie van Binnelandse Sake sê die Taliban is verantwoordelik vir dosyne aanvalle van sekere mynwerkers.

Swaar gevegte het in die noordelike deel van die land ontstaan, maar die swak wapentuig van die weermag soldate is nie opgewasse teen die Taliban se meer moderne wapentuig nie.

Die dekades van konflik het die land tot ʼn gevaarsone van landmyne gelei, en die verwydering daarvan sal jare se intensiewe opsporing en uitskakeling beteken.

Die Taliban het ook begin om die sogenaamde “myn skoonmakers” as vyand teen te staan, en het die afgelope week minstens 10 van die mense gedood, en sowat 14 of meer is erg gewond agtergelaat.

Alhoewel geen groep verantwoordelikheid aanvaar het vir die aanvalle op die myners nie, het die owerheid gesê daar bestaan bewyse dat dit die werk van die Taliban is.

Die Taliban het vroeër die week groot grond gebiede afgeneem van die regeringsmagte, en is besig om die land nou meer onregeerbaar te maak as ooit tevore, word gesê.

Dosyne burgerlikes is ontvoer, talle gedood en ander met wonde agtergelaat in talle aanvalle wat die afgelope weke plaasgevind het.