Strenger regulasies teen rokers

Die Departement van Gesondheid druk nou om ʼn voorgestelde wetsontwerp deur te voer wat strenger maatreëls bevat oor die rokers se toegelate plekke vir ʼn dampie maak.

ʼn Woordvoerder van die Departement sê dat die Beheer van Tabak Produkte en Elektroniese Stelsels se wet is tans in die pyplyn en die ANC regime werk glo “so vinnig as wat hulle kan” om dit te finaliseer.

Voor die wetsontwerp goedgekeur kan word deur die kabinet, moet dit eers goedgekeur word deur tegniese komitees, en dit kan nog enkele maande duur, en sal eersdaags aan die komitees voorgelê word vir keuring.

Die kabinet het reeds in 2018 goedgekeur dat strenger maatreëls moet geld oor waar daar nie gerook mag word nie.

Plekke waar daar nie gerook mag word nie, is ondermeer die werksplek, en selfs privaat geboue waar kinders teenwoordig is, as ook sekere geboue wat vir handelsdoeleindes gebruik word, en sekere buite persele soos openbare parke.

Die bemarking voorwaardes van tabak, en ander verkoop punte en toestande van adverteer word ook in die wetsontwerp vervat.