Spioenasie op Merkel wek kommer

Leiers in Europa het hulle ontevredenheid uitgespreek nadat dit bekend geword het dat daar op die Duitse Bondskanselier, Angela Merkel, gespioeneer is deur die Deense administrasie.

Deense spioenasie agente het blykbaar ook Kanselier Merkel se selfoon getap, en daarmee vertroulike inligting bekom.

Die Duitse kanselier en die Franse president, Emmanuel Macron, het gesê hulle verwag ʼn deeglike verduideliking van die Deense Geheime Diens asook van die Amerikaanse spioenasie agentskap wat spioeneer op Europese leiers.

ʼn Ondersoek wat uitgevoer is deur ʼn groep Europese nuus agentskappe en uitsaaiers het ontdek dat Denemarke se Intelligensie Agentskap gehelp het om die “Nasionale Veiligheid Agentskap” se spioenasie op hoë politieke figure in Frankryk en Duitsland moontlik te maak, asook leiers in ander Europese lande.

Die merkwaardige is dat die Amerikaanse president, Joe Biden, in daardie tyd (2012 en daarna) as vise-president van Amerika diens gedoen het.

Diplomatieke verteenwoordigers in Europa het hulle verbasing uitgespreek oor die feit dat lande wat vriende is, op mekaar begin spioeneer.