Spesiale projek stop virus infeksies

ʼn Projek, bekend as “Projek S” in die Brasiliaanse stad Serrana van stapel gestuur om die geweldige infeksies in die deelstaat Sao Paulo te probeer stop, en kan met ywerige werkers en inwoners goeie resultate behaal.

Die stad Serrana het daarin geslaag om meer as 95% van die volwasse inwoners te immuniseer, en het daarmee die nuwe infeksies byna tot nul laat daal.

Die stad het 45,000 inwoners, en is geselekteer vir die “Projek S” studie wat gedoen is om die effek van die koronavirus entstof te bepaal.

Die infeksie wat geweldig vinnig deur die stad versprei het toe die enting begin het, kon gou gekeer word toe 75% van die inwoners ingeënt is.

Nog ʼn stad in Brasilië word nou met “Projek S” se immunisering veldtog genader, en die verwagting is dat dit die land se siening oor die inenting sal verander.