Skoliere nog steeds wagtend

Ouers van sowat 300 leerders van die Forest Village sê hulle wag nog steeds dat die nagmerrie beëindig gaan word, want hulle kinders is nog nie geplaas in skole nie en die jaar is halfpad.

Die kinders sit tuis en wag om formele onderrig te kry, maar die departement sleep voete.

Die swart skool, Empumelelweni, is deur die ouers tot stand gebring in die ope veld, naby die Ou Faure pad, en is gedoen om 500 kinders te onderrig.

Die ouers sê dit is hartverskeurend dat die jaar reeds die halfpad merk bereik het en die kinders nog steeds nie geplaas kan word nie.

Die kinders is tuis, beskik oor geen leer boeke of dokumente waarmee hulle dele van die werk sou kon inhaal nie, maar moet tevrede wees om niks te kan leer nie, is gesê.