Skole moet sluit, sê ouers

Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, staar alweer ʼn krisis in die gesig met ouers wat eis dat skole gesluit word weens die toenemende infeksie wat onder leerlinge ondervind word.

Met onderwysers wat blootgestel word om die koronavirus infeksie op te doen, terwyl baie kinders afwesig is weens infeksie, word die eise al dringender dat die skole in die gebiede moet sluit waar dit die grootste toename in verspreiding het.

Die ouers redeneer dat die regering te laat die aankondiging gemaak het om na vlak 3 terug te gaan met maatreëls, en sê dit is hoegenaamd nie moontlik om met vlak 3 se maatreëls die verspreiding van die virus te verminder nie.