Sjinese paartjies mag drie kinders hè

Die kommunistiese regering van Beijing het die wet verslap en kan paartjies voortaan tot drie kinders hè.

 Die familie beplannings beleid van Sjina om tot drie kinders te mag he kom nadat vasgestel is dat die bevolking aanwas so gedaal het dat die ouer garde nou ʼn meerderheid uitmaak.

Die veroudering van die bevolking kan beteken dat die ekonomiese gevolge daarvan die land kan benadeel as daar nie betyds meer jong mense is wat die werk kan doen wat tans deur die ouer garde verrig word nie.

Vit byna 40 jaar het die regering van Sjina met sy kontroversiële “een-kind-beleid” voort gegaan om gesinne te beperk tot een kind wat bestempel is as “streng familie beplanning”, maar wat uiteindelik sou uitloop op ʼn negatiewe groei in getalle.

Met die 2016 verslag oor bevolkingsgroei regoor die wereld, het die Sjinese eers besef dat hulle ʼn negatiewe groei het wat beteken dat die bevolking uiteindelik meer bejaarde, en afgetrede mense het as werkende mense.

Tans is die aanwas 1.3, wat laer is as wat vereis word om as volk voort te bestaan.