Shoprite trek diewe vas

Die Shoprite kleinhandel groep sê die voortdurende diefstal in sy winkels het hom genoodsaak om sekuriteit op te skerp en doen dit met goeie resultate.

Die “in-huis” veiligheid span slaag daarin om talle diewe vas te trek, en verlede jaar is sowat 200 skuldiges betrap

Winkels het ʼn enorme probleem met diefstal, en Shoprite het besluit om die skade wat deur diewe veroorsaak word, om te keer,

Die sekuriteit afdeling neem die skuldige “in hegtenis” en oorhandig die persoon aan die polisie.

Die Groep werk ook saam met die Nasionale Vervolging Gesag en voorsien hulle van die nodige bewyse vir die hofgeding wat volg.

Shoprite sê sy eerste mikpunt is om misdaad te voorkom, en daarmee saam die beskerming te verleen aan kliënte en werknemers.