Semenya verloor hofgeding

Casper Semenya, die atleet wat deur die ANC regering finansieel bygestaan word, het pas die hofsaak verloor oor die reëls wat ingestel is om deelname te verkry.

Semenya het nie net die hofgeding verloor nie, maar ook nie daarin geslaag om te kwalifiseer van langer afstande wedlope nie.

Kenners wil beweer dat die atleet nie so goed is as wat aanvanklik geding is nie, en toe daar mislukking kom met die wedloop in die Emirate, was die koeël deur die kerk.

Semenya het beswaar gemaak teen die Internasionale Atletiek Owerheid se bepaling dat deelnemers se testosteroon vlakke binne die bepalings is wat neergelê is.

Semenya het ook ʼn bloutjie geloop in Switserland toe die land se hoogste hof die aansoek van Semenya van die hand gewys het.