Semenya kwalifiseer nie vir Spele

Die atleet Semenya wat verban is en nie in sekere atletiek nommers mag deelneem nie, het probeer om vir die 5,000 meter te kwalifiseer vir deelname aan die Olimpiese Spele in Tokyo.

Die atleet kon egter nie daarin slaag om die kwalifiserende tyd te haal nie, en is nou uitgeskakel vir deelname.

Die ANC regering het onderneem om Semenya se hofkoste te dra vir die hofsaak wat vanjaar nog in Genève, Switserland, gehou word.

Semenya het in Dubai deelgeneem aan die 5,000 meter wedloop met die hoop om te kwalifiseer vir die Spele in Japan, maar kon nie die kwalifiserende tyd behaal nie.

Alles dui daarop dat Semenya nie aan die olimpiese Spele sal kan deelneem nie, en die twee omstrede oorwinnings in die 800 meter is van geen waarde vir vanjaar se deelname nie, veral omdat daar ʼn verbod geplaas is op deelname aan die 800 meter wedloop.