SAL met nuwe “baadjie”

Suid-Afrika se bankrot SAL het glo die vooruitsig om weer die ruimtes te bestyg met sy passasiersvliegtuie, maar dit sou nie moontlik gewees het sonder die privaatsektor se betrokkenheid nie.

Suid-Afrika het ingestem om die grootste deel van sy belange af te staan aan privaat instansies.

Die SAL het vir jare sy verliese gedra deur swaar te leun op die staat om miljarde Rand elke jaar beskikbaar te stel om die entiteit se vliegtuie in die lug te hou.

“Harith General Partners” sal 51% van SAL se aandele oorneem, sê Minister Pravin Gordhan, van die Departement van Openbare Ondernemings.

Dit beteken dat die staat ʼn minderheid aandeelhouer sal wees, en waarskynlik tevrede sal moet wees as finansiële besluite deur die privaat instansie geneem word.

Die belastingbetalers se verligting is dat hulle geld nie weer aangewend sal word om die entiteit staande te hou nie aangesien die privaat instansies verantwoordelikheid daarvoor aanvaar.