SAL: Aandele het slang in gras

Kot nadat bekend gemaak is dat die SAL 51% van sy aandele verkwansel het, wil dit lyk asof die privaat aandeelhouer verbintenisse het met die regerende party.

Koue water is nou op die plan uitgestort, maar nou is daar meer vrae as antwoorde op die vreemde transaksie.

Takatso blyk eersdaags die finale seggenskap te kry oor wat en hoe SAL bestuur sal word, maar die hardnekkige bewerings dat die privaat maatskappy Harith General Partners klaarblyklik sterk bande met die ANC het.

Die privaat entiteit het onderneem om R3,5 niljard in SAL te belê binne die volgende drie jaar, en dit sal die kenmerk dra van swart meerderheid beheer van SAL.

Politieke ontleders en finansiële deskundiges reken die transaksie was net te geheimsinnig, terwyl daar verskeie ander potensiele maatskappye bestaan wat meer openlik en deursigtig hulle belange sou wou vertoon met so ʼn oorname.